top of page
NASORG

Ons kinders se veiligheid is vir die skool baie belangrik. Daarom het ons  ’n bepaling  oor die behoefte aan voor- en nasorg by die skool gedoen en bevind dat daar ‘n geweldige behoefde aan voor- en nasorg is. Die nasorgfassiliteit is vanaf 12:00 tot en met 17:00. Skoolgaande kinders sal gehelp word met tuiswerk, indien ouers dit so versoek.

 

Die nasorg is oop gedurende vakansies, behalwe gedurende Desember-vakansie wanneer die personeel hul jaarlikse verlof kry. Die maatjies is welkom om in vakansies skool toe te kom om lekker te kom speel. Kinders word besig gehou deur te teken, klei te speel, legkaarte te bou binne, buitespel en nog vele meer opwindende aktiwiteite. Gedurende vakansies is die tye vanaf 07h40 tot 17h00. Kinders wat reeds gebruik maak van die halfdag opsie, betaal ekstra indien hulle gedurende vakansietye gebruik maak van voldag opsie.

 

Ons voorsien nie etes vir die kinders nie. Elke ouer is verantwoordelik om elke dag vir u kind self kos in te pak en koeldrank saam te stuur. Geen lekkernye word toegelaat nie. Slegs gesonde versnapperings soos toebroodjies, vrugtestafies, droë vrugte, soutbeskuitjies, yogurt, kaas, worsies ens. U is welkom om vir middag-etes gekookte kos in te pak.

 

Kontak Kanja Ludwig:

083 616 0216

 

© 2016 deur Laerskool Gamtoosvallei.

bottom of page