

Laerskool Gamtoosvallei
BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

Ons skool is geleë in die hartjie van die pragtige Gamtoosvallei en maak voorsiening vir leerders wat hoofsaaklik van Patensie en Hankey kom.
Sedert die skool se bestaan 112 jaar gelede het die skool ontwikkel tot ’n leierskool in die Kougastreek. Laerskool Gamtoosvallei het tydens hierdie tydperk uitgeblink op verskeie terrreine.
Die skool se etos rus op vier pilare naamlik: geestelik, akademie, sport en kultuur. Ons kan met trots sê dat al vier pilare in ons skool sterk staan. Sonder die baie goeie samewerking en ondersteuning van al ons ouers sou die skool nie sy doelwitte ten volle kon realiseer nie. Met ons oë op God gerig, vat ouers, onderwysers en kinders by Laerskool Gamtoosvallei hande en mik steeds hoër, soos ons leuse dit stel. - Christelle McCabe
ONS TROTS ; ONS SKOOLLIED
Skool van Patensie, voorwaarts en op!
Niks sal ons keer, geen teenstand ons klop,
Net soos die miere arbei en woel,
Neerlaag is moontlik sukses is ons doel (x2)
Skool van Patensie, vorentoe beur.
Op moet ons klim, niks stel ons teleur.
Niks is onmoontlik vir die wat wil,
Strewe na sege dit sal ons vervul (x2)
Skool van Patensie, wakker en flink.
Steeds sal ons doel soos ‘n ster bo ons blink.
Elk doen sy deeltjie, elk staan sy man.
Al kom daar teespoed, ons wil, ons sal, ons kan. (x2)
ONS KAN!