

Laerskool Gamtoosvallei
MISIE EN VISIE
VISIE
Die skool streef daarna om die toekoms te antisipeer en vir die toekomstige gebeure gereed te maak.
Laerskool Gamtoosvallei sal hom voorberei om:
-
die invloed van verandering op ons gemeenskap en skool positief te benut.
-
effektiwiteit op alle gebiede na te streef.
-
die leerders so vroeg moontlik toe te laat ten einde van meer waarde vir elke individu te wees.
-
die ontwikkeling van trotse en gebalanseerde leerders volgens Christelike waardes.
MISIE
Die skool streef deur sy bestuur, personeel en ouergemeenskap na die uitvoering van die visie op die volgende maniere:
-
om harmonie tussen leerders, fasiliteerders en die ouers van alle kultuurgroepe waaruit ons leerderskorps bestaan, aan te moedig.
-
om elke individuele leerder inklusief sy/haar potensiaal te laat bereik op akademiese en kulturele gebied asook fisieke ontwikkeling deur deelname aan beskikbare skoolsport.
-
om die beeld van die skool sodanig te bou, sodat voornemende ouers dit as ‘n noodsaaklike verlengstuk van die huis sal sien.
-
om elke leerder te leer om sy medemens en gemeenskap te respekteer en met die nodige eerbied te behandel.
-
om die skool en sy fasiliteite optimaal aan te wend en te bestuur.
-
om die skool as opvoedkundige instelling ‘n rol te laat speel in die gemeenskap met hulp en leiding waar