

Laerskool Gamtoosvallei
ALGEMENE REëLS EN GEDRAGSKODE
REëLS: ALGEMEEN
1) Leerders moet skoolreëls en onderwysers onder alle omstandighede gehoorsaam.
2) Geen balspele in die vierkant nie. Slegs voor en agter die saal op grasperke. Slegs doele word gedurende die netbalseisoen toegelaat.
3) Niemand mag op die stoepe hardloop nie.
4) Geen luidrugtigheid in die skoolgebou en vierkant nie.
5) Twee klokke sal gelui word om die einde van die pouses aan te dui.
6) Wanneer leerders in rye staan, moet hulle stilstaan en stilbly. Stap op bevel van die onderwyser of leier aan diens.
7) Klasseruiling moet stil en ordelik geskied. Tasse moet in die hand weg van die muur af gedra word.
8) Tasse moet in ‘n ry weg van mure af neergesit word.
9) Die volgende swak gedragspatrone sal nie geduld word nie:
a) vuil taal
b) diefstal
c) vandalisme
d) afknouery
e) leuens
f) ongehoorsaamheid aan personeel/prefekte
10) Alle klerasie en eiendom van leerders moet duidelik gemerk word.
11) Geen leerders mag die skoolterrein verlaat sonder die skoolhoof se toestemming nie.
12) Geen gevaarlike wapens of speelgoed nie.
13) Geen dwelms, alkoholiese drank, rook of aanstootlike leesstof op die skoolgronde nie.
14) Aansteeklike siektes moet dadelik aangemeld word. Sulke leerders behoort nie die skool by te woon gedurende die infektiewe periode nie.
15) Leerders moet betyds vir skool wees.
16) Kleedkamers en skoolgronde moet te alle tye netjies gehou word.
17) Leerders mag nie besoek by klasse ontvang nie.
18) Leerders mag geen selfone tydens skoolure by hulle hê nie.
REëLS: AKADEMIES
1) Huiswerk moet gereeld en deeglik gedoen word.
2) Alle boeke moet met sorg en respek hanteer word.
REëLS: SPORT
1) Leerders moet een winter- en een somersport doen tensy mediese sertifikaat verskaf kan word.
2) Leerders moet alle oefeninge en sportbyeenkomste bywoon van sportsoorte waarvoor hulle aan die begin van die seisoen aangemeld het. Alle verskonings moet voor die tyd, persoonlik by die betrokke afrigter gemaak word.
3) Geen fasiliteite of toerusting mag sonder toestemming en toesig gebruik word nie.
4) Deelname aan skool sportsoorte moet voorkeur bo alle individuele, privaat sportsoorte kry.
5) Leerders moet korrekte sportdrag en onderklere (veral die groter dogters) na byeeenkomste dra.